Hoenderslaai

hoender13


Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

Jy het nodig
Sous

45 ml (3 e) olyfolie
30 ml (2 e) appelasyn
1 suurlemoen, sap en skil
15 ml (1 e) vars basilieblare (opsioneel)
5 ml (1 t) Dijon-mosterd

Slaai
125 ml (½ k) rysvormige pasta
500 ml (2 k) gesnipperde gaar hoender
1 groen soetrissie, saad verwyder en in blokkies gesny
250 ml (1 k) kersietamaties
80 ml (⅓ k) rosyne (opsioneel)
sout en peper na smaak
mikrokruie, vir garnering

Sous

  1. Klits die olie, asyn, suurlemoensap en -skil, basielkruid en mosterd in ’n bakkie saam.
  2. Geur die sous met sout en peper na smaak.
  3. Slaai Sit die hoender in ’n middelslagbak en meng 60 ml van die sous daarby.
  4. Kook die pasta in ’n groot pot kokende soutwater tot net sag maar nog ferm as jy daaraan byt.
  5. Dreineer die pasta, spoel dit onder koue water af om af te koel, dreineer dit goed en gooi dit in ’n groot bak.
  6. Roer die oorblywende sous by en meng tot bedek. Voeg die hoendermengsel, soetrissie, tamaties en opsionele rosyne by.

Geur na smaak en sit voor.