Sagopoeding

maandagsago1

Corrie Hulme en Elize Horn se ma’s is gek oor outydse boerekos, en veral sagopoeding. Ons het die sagopoeding ’n spesiale meringue-torinkie gegee om dit nog meer spesiaal te maak.

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute

SAGO
1 L (4 k) melk
200 ml (145 g) sago
knippie sout
2 kardemompeule
80 ml suiker
60 ml (4 e) botter
4 groot eiergele
15 ml (1 e) melk
10 ml (2 t) rooswater
5 ml (1 t) vanieljegeursel

MERINGUE
4 groot eierwitte
100 ml strooisuiker

AFRONDING

200 ml appelkooskonfyt of kaneelsuiker

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n oondskottel of 6 bakkies met botter of spuit met kossproei.

SAGO
Verhit die melk, sago, sout, kardemompeule en suiker saam oor lae hitte.

Roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie.

Laat prut tot die sago gaar en deurskynend is.

Verwyder die kardemompeule.

Roer die botter by.

Klits die eiergele, melk, rooswater en vanieljegeursel in ’n groot mengbak.

Voeg die warm melkmengsel bietjie vir bietjie by die eiergeelmengsel en roer dit aanhoudend.

Giet in die voorbereide oondskottel of bakkies.

Bak 15 minute.

MERINGUE
Klits die eierwitte styf en voeg die strooisuiker geleidelik by.

Klits tot stywe punte vorm en die mengsel glansend is.

AFRONDING

Skep die meringue op die sagopoeding en bak tot die meringue goudbruin is, sowat 5-10 minute.

Verhit die konfyt en skep dit oor die sagopoeding voor dit voorgesit word of sprinkel kaneelsuiker oor.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 5 Mei 2011.