Vis met spogtamatiesous en feta

vis


Enige ferm witvisfilette sal werk in dié gereg. Gebruik verkieslik vars vis, maar bevrore vis kan ook werk.

Onthou om die bevrore vis die aand voor die tyd in die yskas te laat ontdooi.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20-30 minute

Bestandele
4 groot ryp tamaties
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
sout en vars gemaalde swart-
peper
5 ml (1 t) bruinsuiker
10 kappertjiesade, fyn gekap
1 ansjovisfilet, fyn gekap
15 ml (1 e) vars origanum, fyn gekap
150 g fetakaas, gekrummel
6 groot visfilette
vars orego vir garnering
koeskoes gegeur met vars kruie, soos pietersielie en grasuie, vir opdiening

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny ’n kruisie bo-op elke tamatie en dompel die tamaties in kookwater. Laat staan 2 minute of tot die velle begin lostrek. Haal die tamaties uit die kookwater en trek die velle af. Halveer die tamaties en verwyder die pitte. Sny die tamaties in klein blokkies.

Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel ’n paar minute tot sag en geurig. Roer die tamaties by en braai nog ’n paar minute. Geur met sout, peper en suiker. Roer die kappertjiesade, ansjovisfilet en origanum daarby en laat prut sowat 15 minute of tot die meeste vloeistof verdamp het. Laat die tamatievulsel effens afkoel en roer die fetakaas deur.

Geur die visfilette met sout en peper en skep groot lepels vol van die tamatievulsel op elke visfilet. Plaas die visfilette op ’n gesmeerde bakplaat en bak 15-20 minute tot gaar. Garneer met vars origanum en sit voor saam met gegeurde koeskoes.